Rooi is vir Gierigheid – Kat Pelser

R275,00

Afrikaans Crime Fiction

Out of stock

Description

*This paperback book is currently on pre-order. All orders will be dispatched on release day, 19 September.

‘Die volgende oomblik is daar ʼn bloedstollende gil, borde wat val, en ʼn kakofoniese lawaai. Ek swaai om en kyk na die kombuis se swaaideur. Die volgende oomblik storm die kelnerin deur die deur terwyl sy nog steeds gil. Nog twee meisies volg al gillend.Die eienaar kom uit sy kantoor uit gestorm en wil vinnig weet wat aan die gang is. Nadat die meisie stamelend vir hom iets fluister, kyk hy reguit na my en ek voel hoe my maag ʼn draai gee.’

Die kyk kan net een ding beteken.

Die jong rooikop speurder, Flame, se dag begin baie goed. Sy en haar hunky nuwe buurman gaan doen cage diving  in Kleinbaai. Maar terwyl hulle ontspan in die restaurant na die tyd, ontdek sy die lyk van n baie bekende inwoner van Gansbaai.

Die moord van n plaaslike eiendomsagent vat Flame van Gansbaai na Kaapstad en Johannesburg voordat sy die moordenaar vastrek. Tussenin probeer sy ook n stomende verhouding met haar sexy nuwe buurman aan die gang hou.

Kat Pelser skop haar opwindende nuwe reeks, Skakerings van Misdaad in Gansbaai, af met die spannende Rooi is vir Gierigheid. Hierdie reeks vat ons saam deur die lewe van n jong inwoner van Gansbaai, Flame, haar interessante loopbaan as ‘n privaat speurder en haar deurmekaar privaat lewe.

Genre: Afrikaans/Crime Pages: 212 Publisher: KREST

ISBN: 978-0-7961-6467-4

Format: paperback

Year of Release: 2024